Dit gaan baie goed

Dit gaan baie goed met Ester en met Karla op die oomblik. Ek kan nie wag om die twee by die huis te kry nie. Dankie vir almal van julle se boodskappe en ondersteuning. Hier is nog ‘n paar foto’s van Karla. Sy slaap net die heeltyd, ons kry nie aandag nie.

Eerste foto van Karla

Hier tik ek en dit beteken ek is pa! Hier is die eerste foto van Karla. Die foto is ongelukkig deur die dokter geneem wat nie veel van die kamera af geweet het nie. Ek mag net gesit en kyk het. Ek sal so gou moontlik ‘n paar behoorlike foto’s neem.

Eerste foto van Karla

Eerste foto van Karla

Karla weeg 3,87 Kilogram en is 48 cm lank en sy was 15:49 gebore.

As ek weer iets tik is ek Pa

Ons het uiteindelik ‘n doktor hier gesien en ons weet nou wanneer die operasie gaan wees. Drie uur is dit tyd. Die operasie duur sowat ‘n uur. Ek sê solank dankie aan almal wat aan ons dink en vir ons bid. Ek moet nou my ‘scrubs’ gaan aantrek en foto’s neem. Sal van ons laat hoor as die operasie klaar is.

Karla is oppad – Vandag!

Na vanoggend se besoek aan die dokter het hy voorgestel Ester moet dadelik ‘n keiser kry. Ons het dit nie regtig verwag nie en nou is ons ‘n week vroeër hier as wat ons wou. Ek en Ester is albei senuweeagtig en ons het geen idee wat om te verwag nie.  Ons weet eintlik nie eers hoe laat die operasie is nie. Ons is darem al ingeteken by die Hospitaal. Ek sal so gou moontlik nog foto’s oplaai. Hou my blog dop en onthou los ‘n boodskap!

Ester

Ester

‘n Aand op die Vaaldam

Saterdag het ek vir die eerste keer in die nag geseil. Dit was nou ‘n wonderlikke ervaring. Ek het saam met Doug op sy boot, Sea Quill geseil. Doug het die regte navigasie instrumente aan boord gehad en sonder die instrumente dink ek nie iemand sou die resies kon voltooi nie.

Die son sak oor die Vaaldam

Die son sak oor die Vaaldam

Die resies het by Anchor Creek begin en ons het Saterdagoggend reeds soentoe geseil. Nadat ons tevrede was dat almal weet wat om te doen en die boot gereed was vir die resies het ons op die boot gebraai en gekuier terwyl ons gewag het vir die wegspring.

Kevin besig om te braai

Kevin besig om te braai

Die 24 seemyl roete het ons van die een kant van die dam tot die ander geneem. Agtien bote het Saterdagmiddag half vyf by die DAC boei in redelike sterk wind begin. Vanaf die DAC boei is ons Suid na LDYC en toe weer Noord na North Bay en toe deur die samevloeiing en terug na PNYC. Dit het ons bietjie meer as 7 ure gevat om die roete te voltooi en ons het so twintig voor een Sondagoggend oor die eindstreep geseil. Daar was deurentyd wind gewees en het gimiddeld so 7 knope gedurende die aand gewaai.

Die laaste bietjie sonlig

Die laaste bietjie sonlig

Peter was aan die stuur gewees en vir die res van die bemanning was daar min tyd vir ‘n blaaskans. Ons moes heeltyd van koers verander. Behalwe om seile te verander het Lisa ook ander take gehad soos om vir almal lekker plofkoffie te maak en met biltong te voer.

Peter aan die stuur

Peter aan die stuur

Ons het vierdie oor die eindstreep geseil en het vyfde volgens voorgee geëindig. ‘n Paar bote het gedurende die nag tou op gegooi en die laaste boot terug by PNYC het eers half ses Sondagoggend oor die lyn gesyl. Na die resies het ons gou gaan inloer by die klubhuis en ek is toe dadelik bed toe. Sondagoggend het ons by die klub lekker ontbyt geëet en ons is terug huis toe. Dit was een van die lekkerste resiese waaraan ek nog deelgeneem het en kan nie wag vir volgende jaar se resies nie. Miskien doen ek dit in Top Notch.