As ek weer iets tik is ek Pa

Ons het uiteindelik ‘n doktor hier gesien en ons weet nou wanneer die operasie gaan wees. Drie uur is dit tyd. Die operasie duur sowat ‘n uur. Ek sê solank dankie aan almal wat aan ons dink en vir ons bid. Ek moet nou my ‘scrubs’ gaan aantrek en foto’s neem. Sal van ons laat hoor as die operasie klaar is.

5 thoughts on “As ek weer iets tik is ek Pa

  1. All the best wishes to you and your wife and your new daughter. May she bring you both great happiness and pride.
    Kevin

  2. Ai maar dit vat nou lank jong. Ek en my kids sit hier by die rekenaar en die foon, en kan nou nie maar wag om iets te hoor nie. Dink aan julle.

  3. Baie geluk aan julle altwee. Bly my timing was so goed met die oproep! Geniet dit… kan nie wag om jul klein poppie te ontmoet! Laat weet wanneer jul reg is vir ‘n kuier.

Los 'n Boodskap