Nee, ek neem nie deel aan die sogenaamde 13-pieke-uitdaging nie. Om op ‘n naweek êrens te gaan stap is alreeds ‘n groot genoeg uitdaging vir my. Ek wil net kan sê ek het al die 13 pieke van die 13 piek uitdaging geklim en dit gedoen op my eie tyd en dit geniet sonder om ‘n been te breek of so iets.

Die 13-pieke is almal deel van die Tafelberg Nasionale Park hier op die Kaapse Skiereiland. Hieronder is ‘n lys van die 13 pieke en wys ook my vordering:
PIEK | HOOGTE | DATUM GEKLIM |
---|---|---|
Seinheuwel | 350 m | 26-06-2022 |
Leeukop | 669 m | 26-06-2022 |
Maclear-baken | 1 086 m | 20-11-2021 |
Grootkop | | |
Juda’s piek | | |
Klein-leeukop | | |
Suther-piek | | |
Chapmanspiek | 567 m | 28-02-2021 |
Noordhoekpiek | 754 m | 19-03-2023 |
Muizenbergpiek | 507 m | 09-02-2025 |
Constantiaberg | 927 m | 13-11-2024 |
Klassenkop | | |
Duiwelspiek | 1 000 m | 27-02-2022 |
Vir meer inligting oor die regte 13 pieke uitdaging sien: https://13peaks.co.za/
Geniet die stap
