Dit gaan baie goed met Ester en met Karla op die oomblik. Ek kan nie wag om die twee by die huis te kry nie. Dankie vir almal van julle se boodskappe en ondersteuning. Hier is nog ‘n paar foto’s van Karla. Sy slaap net die heeltyd, ons kry nie aandag nie.
- Sy slaap alweer
- Nog dummy
- Karla met haar dummy
|Ag julle sy is beautifull. Dis genoeg om enigiemand broeis te maak.
Wees dankbaar sy slaap… daar gaan ‘n tyd kom…
Groete van Francois en Petro
Ag te pragtig! Nou voel dit amper of ek daar by julle was vandag!
Lyk asof ‘n engel uit die hemel ontsnap het.
Haai julle twee nuwe parents! Baie geluk en welgedaan. Sy is beautiful. Ek is so bly dit het als goed gegaan. Mens kan sien ouma Esther was ook daar as kleine Karla al haar dummy so flink suig. Dankie vir die fotos! Ons is lief vir julle drie!
Hi Hannes en Ester
Ag dankie vir mooi fotos. Ek voel sommer deel van haar. Sy is pragtig. Ek kan nie wag om nog baie fotos te sien nie. Wat van een van die trotse pa en ma!
Liefde Soekie