Totsiens aan Die Beer: 11 Jaar, 175 000 km

2015 was ’n jaar van verandering. Ons het Kaap toe getrek om ’n nuwe hoofstuk te begin, en ek het besluit my voertuig moet saam met my verander. Teen einde 2014 het Toyota die Land Cruiser met die 4.5-liter V8 diesel-enjin bekendgestel – ’n enjin met ’n diep brul wat jou dadelik laat weet hy is gebou vir werk. ’n Regte manskar, bekend vir sy veldryvermoë, gemaklike grondpadgedrag en eenvoudige elektronika- presies waarna ek gesoek het.

Kort ná ons aankoms in die Kaap moes ek my Fortuner vir ’n diens vat, en daar staan hy toe by die agentskap in Table View. Regte tyd, regte plek. Die besluit was vinnig geneem, en ’n dag later het ek by die huis opgedaag met my nuwe wiele: “Die Beer.”

In daardie jare was Land Cruisers nog nie oral op die pad nie. Daar was amper ’n klein, ongeskrewe broederskap onder eienaars. As jy ’n ander Cruiser sien aankom, het jy geweet wat om te doen – ligte geflikker, of die bekende twee-vinger wuif oor die stuurwiel. Dis nie iets wat jy beplan het nie; dit het net gebeur. ’n Stil erkenning tussen mense wat dieselfde stofpaaie ken en die tipe lewensstyl verstaan. Soos die Cruiser later meer algemeen geraak het, het daardie klein stukkie kultuur stadig begin verdwyn, maar as jy lank genoeg bestuur het, onthou jy dit nog duidelik.

Ek het uiteindelik my Cruiser vir net meer as 11 jaar besit, en in daardie tyd het ons saam amper 175 000 kilometer afgelê. Hy het my na van die mooiste plekke op aarde geneem – verskeie kere deur Namibië en Botswana, en selfs tot in Mosambiek. Elke reis het ’n nuwe herinnering bygevoeg.

Maar tyd staan nie stil nie. Hy het nie jonger geword nie, en ek ook nie. Op ’n stadium moet ’n mens eerlik raak: ry jy hom tot hy uiteindelik uitmekaar begin val, of maak jy vrede daarmee om aan te beweeg na iets wat jou weer daardie 11 jaar se voorsprong gee?

En so het die besluit gekom. Ek het Die Beer verkoop. En soos wat ek nou terugkyk, besef ek ’n Cruiser dra nie net jou kamp goed nie – hy dra jou stories.

Voor ek hom finaal groet, is daar nog een manier om die storie reg te laat eindig – deur na die syfers te kyk.

Daar is min twyfel dat ’n Toyota Land Cruiser sy waarde goed hou. Om ’n idee te gee, hier is wat ek hom oorspronklik vir betaal het (los natuurlik inflasie en enige finansieringskostes uit die vergelyking uit).

Aankoopprys in 2015R 635 399
Verkoopprys in 2026R 600 000
Waardevermindering per jaar (11 jaar) R 3 200

As dit by brandstofverbruik kom, is dit natuurlik ’n heel ander storie. Die 4.5 liter V8 is bekend vir sy brandstof gebruik, maar nie vir die regte redes nie. Die enjin is gebou om diesel te gebruik en hy is baie goed in sy werk.

Ek het ongelukkig nie van dag een af noukeurige statistieke gehou nie, maar het eers so vanaf 14 000 kilometer begin dophou wat hy eintlik drink.

Totale brandstof aankopeR 387 318
Brandstof koste per dag R 101,85
Brandstof koste per kiloR 2,42
Verbruik (L/100 km)13,96

11 jaar later, 175 000 kilometer en baie herinneringe ry Die Beer sy laaste pad saam met my. Maar elke einde bring ’n nuwe begin en sy plek is nou ingeneem deur Oskar die Boskar.

Lys van Kampe in die Sentraal-Kalahari Wildreservaat

Hier is ‘n lys van al die kampe in die Sentraal-Kalahari wildreservaat. As jy wil weet waar om te bespreek kyk gerus hier.

KampKodeOpGPSNa MNa XNotas
DeceptionCKBOG-01DWNPHierdie kamp word deur privaat operateurs gebruik.
CKMOB-01DWNPKaartHierdie kamp word deur privaat operateurs gebruik. Die kamp staan ook bekend as "New Kori 1"
Deception-valleiCKDEC-01DWNP
CKDEC-02DWNP
CKDEC-03DWNP
CKDEC-04DWNP
CKDEC-05DWNP
CKDEC-06DWNPDie foto van die luiperd in die stort wat ek geneem het was hier geneem.
Kori PanCKKOR-01DWNPKaart
CKKOR-02DWNPKaart
CKKOR-03DWNPKaartBaie plek vir tente en voertuie
CKKOR-04DWNPKaart
KukamaCKWIL-08BigfootLodge
LekhubuCKWIL-07Bigfoot
Luiperd-panCKSUN-01DWNPDie enigste kamp by Leopard Pan.
LetiahauCKWIL-06Bigfoot
Matswere-hekCKMAT-01,02,03,04DWNP0203Oostelike hek.
MotopiCKMOT-01Bigfoot
CKMOT-02Bigfoot
CKMOT-03Bigfoot
Passarge-valleiCKPAS-01BigfootKaartOok bekend as Manong Kamp
CKPAS-02BigfootKaartIs die beste kamp van die drie Passarge kampe.
CKPAS-03BigfootKaartOns het hier gebly.
Phokoje-panneCKTAU-03DWNPDie kamp is die enigste in die gebied.
Piper PanCKPIP-01Bigfoot
CKPIP-02Bigfoot
San PanCKTAU-02DWNP
Sunday PanCKSUN-02Bigfoot
CKSUN-03BigfootDie kamp het goeie uitsig en is naby die watergat. Die kamp is naby aan CKSUN-04. (150m)
CKSUN-04BigfootDie kamp het goeie uitsig en is naby die watergat. Die kamp is naby aan CKSUN-03 (150m)
Tsau-hekCKTSA-01,02,03,04,05DWNP
Xade-hekCKXAD-01,03,04,05DWNP2030Die kampe is by die hek en daar is ablusie beskikbaar. Daar is nie altyd water beskikbaar nie.
CKXAD-02 (CKWIL-05)DWNP21310Die kamp is sowat 10 km Oos van die hek. Hier is geen geriewe nie. Ook bekend as CKWIL-05
XakaCKWIL-04DWNP

Kampe in die Sentraal-Kalahari Wildreservaat

Ons was onlangs vir 5 nagte in die Sentraal-Kalahari-wildreservaat, ook bekend as CKGR (Engelse afkorting). Dit is een van die mees afgeleë plekke in Suidelike-Afrika. Dit is die naas grootste wildtuin in die wêreld, maar daar is nie veel meer as 30 kampe in die hele reservaat nie. ‘n Kampplek bestaan meestal uit n boom of twee, ‘n “long drop”, ‘n afskorting waar jy kan stort as jy jou eie water saam neem en ‘n stuk beton waarop jy kan vuur maak. Behalwe vir ‘n paar uitsonderings sal jy nooit eers jou buurman hoor of sien nie.

Longdrop en ‘n stort

Om nie die heeltyd mense en ander karre rondom jou te sien nie, maak die ondervinding nog beter. Jy het tog al die pad gery om die natuur te kom bewonder. Sonsondergange en opkoms, uitgestrekte horisonne, vlaktes en leë panne maak ‘n besoek aan hierdie deel van Botswana uniek. Die Kalahari is ‘n ander tipe mooi. Jy is reg in die middel van die natuur. Hier is die kampe nie omhein nie, jy moet heeltyd op die uitkyk wees vir besoekers.

Deception Pan 6

Om ‘n avontuur hier te ervaar moet jy vroegtydig kampplek bespreek. Ek sou aanraai om ten minste vier maande vooruit te bespreek. Die besprekings kan verwarrend wees, omdat nie alle kampe in die reservaat deur een sentrale plek bespreek kan word nie. Sekere van die kampe moet deur die Botswana se natuur en parkeraad bespreek word (Botswana department of Wildlife and National Parks) en die meerderheid van die kampe word deur Bigfoot Tours – ‘n privaat maatskappye – bestuur en jy moet direk by hulle bespreek.

Jy gooi self jou stort vol water.

Behalwe die koste vir die kampering moet jy ook ‘n daaglikse natuurbewaringsfooi betaal en ‘n toegangsfooi vir jou motor. Dit moet aan die DWNP betaal word. Die beste is om dit vooraf te betaal met jou kredietkaart, maar hierdie fooi kan ook by die hek in slegs kontant betaal word. Indien jy in kontant wil betaal,  neem Pulas of Dollars saam. Rand word nie by die hek aanvaar nie.

Luiperd in die stort

Jy kan ‘n volledige lys van kampplekke in die Sentraal-Kalahari wildreservaat hier kry

Bespreek sommer dadelik!