Storm by die Vaaldam

Na ‘n heerlike dag se seil op die dam is ons terug klub toe.Ons het die boot in DAC se hawe vasgemeer. Die weer was die heeldag perfek vir seil en ons het sover geen tekens van donderstorms gesien nie. Terug by die klub en ons het laat middag begin regmaak om die vuur aan te steek. Aan die oorkant van die dam het daar ‘n storm opgesteek. Die storm het baie ver van ons af gelyk en ook of hy van oos na wes verby ons gaan trek. Niemand het op hierdie stadium veel kennis geneem nie.

Top Notch Seil

Die storm het nader gekom en ek het tyd gehad om ‘n paar foto’s te neem. Skielik swaai die wind en die storm is op pad in ons rigting. Die wind het van niks na stormsterkte begin waai in die tyd wat ek my kamera in die kar gaan bêre het. Toe ek om kyk vanaf die kar is ons Oz Tent se voorste vertrek al reeds plat gewaai.

Top Notch is geanker

Wimpie, Alexis en ek het begin vasklou aan die res van die raam van die tent om dit regop te hou. As die Oz Tent se raam breek het ons nêrens om die aand te slaap nie, boonop gaan die herstel baie duur wees. Terwyl Karla en Stella – Wimpie se dogter – bekommerd in die kar skuil het ons min besef die wind gaan vir meer as twee ure lank aanhou storm en ons gaan die heeltyd moet vasklou.

Net so voor 10 uur die aand het die wind gedraai en ons kon die tent uiteindelik op sy eie los. Ons drie was nat en het gevries. Terwyl ons almal in die kar sit kon ons sien hoe die wind geleidelik bedaar. Ons al vyf het in die aand in die tent geslaap.

Die groot storm

Die volgende oggend was die wêreld vol stoele, borde wat die wind weg gewaai het. Een van ons matrasse het ons naby die klubhuis; sowat 50 meter ver; gaan optel. Behalwe vir twee van die tentpale wat gebuig het, was alles verder nat, maar heel.

(Dankie Alexis Basson vir die mooi foto’s van Top Notch)

‘n Toer deur die Kalahari

Ek het Maart ‘n drie duisend kilometer roete saam met ‘n paar familie en kennisse deur die Kalahari getoer. Die deel van die Kalahari in Botswana is een van die mees afgeleë wildernisgebiede in Suidelike-Afrika. Hierdie jaar het die Kalahari baie reën gekry en het heeltemal anders gelyk as toe ek dit laas in September 2013 gesien het. Die keer was dit groen, daar was baie gras en ‘n groot verskeidenheid voëls en diere kon oral gesien word.

Ruimte

Ons het 5 nagte in die ongerepte Sentraal Kalahari Wildreservaat deurgebring en daarna na die Mabuasehube gedeelte van die Kgalagadi-oorgrenspark vertrek en twee nagte daar spandeer. Die Sentraal Kalahari is ook bekend as die CKGR (die Engelse afkorting)

Staar na die sonsondergang.

Om deur die Sentraal Kalahari te toer moet jy heeltemal selfonderhoudend wees. Jy moet jou eie water vir kosmaak, drink en skoonmaak saamneem. Jy moet jou eie diesel, kos, tent, potte en selfs spaar parte saam neem. Daar is niks nie en as jy in die moeilikheid raak kan dit dalk ‘n paar dae neem voordat iemand jou gewaar. Jy moet jou toer dus haarfyn beplan.

Ek ry deur Deception Pan

As jy ooit ‘n kans kry om na die Sentraal-Kalahari wildreservaat toe te kan gaan, vat dit!

Hier nog ‘n paar foto’s wat ek geneem het in die album hier onder.

[envira-album id=”911″]

Lys van Kampe in die Sentraal-Kalahari Wildreservaat

Hier is ‘n lys van al die kampe in die Sentraal-Kalahari wildreservaat. As jy wil weet waar om te bespreek kyk gerus hier.

KampKodeOpGPSNa MNa XNotas
DeceptionCKBOG-01DWNPHierdie kamp word deur privaat operateurs gebruik.
CKMOB-01DWNPKaartHierdie kamp word deur privaat operateurs gebruik. Die kamp staan ook bekend as "New Kori 1"
Deception-valleiCKDEC-01DWNP
CKDEC-02DWNP
CKDEC-03DWNP
CKDEC-04DWNP
CKDEC-05DWNP
CKDEC-06DWNPDie foto van die luiperd in die stort wat ek geneem het was hier geneem.
Kori PanCKKOR-01DWNPKaart
CKKOR-02DWNPKaart
CKKOR-03DWNPKaartBaie plek vir tente en voertuie
CKKOR-04DWNPKaart
KukamaCKWIL-08BigfootLodge
LekhubuCKWIL-07Bigfoot
Luiperd-panCKSUN-01DWNPDie enigste kamp by Leopard Pan.
LetiahauCKWIL-06Bigfoot
Matswere-hekCKMAT-01,02,03,04DWNP0203Oostelike hek.
MotopiCKMOT-01Bigfoot
CKMOT-02Bigfoot
CKMOT-03Bigfoot
Passarge-valleiCKPAS-01BigfootKaartOok bekend as Manong Kamp
CKPAS-02BigfootKaartIs die beste kamp van die drie Passarge kampe.
CKPAS-03BigfootKaartOns het hier gebly.
Phokoje-panneCKTAU-03DWNPDie kamp is die enigste in die gebied.
Piper PanCKPIP-01Bigfoot
CKPIP-02Bigfoot
San PanCKTAU-02DWNP
Sunday PanCKSUN-02Bigfoot
CKSUN-03BigfootDie kamp het goeie uitsig en is naby die watergat. Die kamp is naby aan CKSUN-04. (150m)
CKSUN-04BigfootDie kamp het goeie uitsig en is naby die watergat. Die kamp is naby aan CKSUN-03 (150m)
Tsau-hekCKTSA-01,02,03,04,05DWNP
Xade-hekCKXAD-01,03,04,05DWNP2030Die kampe is by die hek en daar is ablusie beskikbaar. Daar is nie altyd water beskikbaar nie.
CKXAD-02 (CKWIL-05)DWNP21310Die kamp is sowat 10 km Oos van die hek. Hier is geen geriewe nie. Ook bekend as CKWIL-05
XakaCKWIL-04DWNP

Kampe in die Sentraal-Kalahari Wildreservaat

Ons was onlangs vir 5 nagte in die Sentraal-Kalahari-wildreservaat, ook bekend as CKGR (Engelse afkorting). Dit is een van die mees afgeleë plekke in Suidelike-Afrika. Dit is die naas grootste wildtuin in die wêreld, maar daar is nie veel meer as 30 kampe in die hele reservaat nie. ‘n Kampplek bestaan meestal uit n boom of twee, ‘n “long drop”, ‘n afskorting waar jy kan stort as jy jou eie water saam neem en ‘n stuk beton waarop jy kan vuur maak. Behalwe vir ‘n paar uitsonderings sal jy nooit eers jou buurman hoor of sien nie.

Longdrop en ‘n stort

Om nie die heeltyd mense en ander karre rondom jou te sien nie, maak die ondervinding nog beter. Jy het tog al die pad gery om die natuur te kom bewonder. Sonsondergange en opkoms, uitgestrekte horisonne, vlaktes en leë panne maak ‘n besoek aan hierdie deel van Botswana uniek. Die Kalahari is ‘n ander tipe mooi. Jy is reg in die middel van die natuur. Hier is die kampe nie omhein nie, jy moet heeltyd op die uitkyk wees vir besoekers.

Deception Pan 6

Om ‘n avontuur hier te ervaar moet jy vroegtydig kampplek bespreek. Ek sou aanraai om ten minste vier maande vooruit te bespreek. Die besprekings kan verwarrend wees, omdat nie alle kampe in die reservaat deur een sentrale plek bespreek kan word nie. Sekere van die kampe moet deur die Botswana se natuur en parkeraad bespreek word (Botswana department of Wildlife and National Parks) en die meerderheid van die kampe word deur Bigfoot Tours – ‘n privaat maatskappye – bestuur en jy moet direk by hulle bespreek.

Jy gooi self jou stort vol water.

Behalwe die koste vir die kampering moet jy ook ‘n daaglikse natuurbewaringsfooi betaal en ‘n toegangsfooi vir jou motor. Dit moet aan die DWNP betaal word. Die beste is om dit vooraf te betaal met jou kredietkaart, maar hierdie fooi kan ook by die hek in slegs kontant betaal word. Indien jy in kontant wil betaal,  neem Pulas of Dollars saam. Rand word nie by die hek aanvaar nie.

Luiperd in die stort

Jy kan ‘n volledige lys van kampplekke in die Sentraal-Kalahari wildreservaat hier kry

Bespreek sommer dadelik!

Crook’s Corner in die Kruger

Crook’s corner is daar waar Suid-Afrika, Mosambiek en Zimbabwe bymekaarkom, langs die plek waar die Limpopo en die Luvhuvhurivier bymekaarkom in die Krugerwildtuin. In die mees Noord-Oostelike hoekie van Suid-Afrika. Crook’s Corner is een van die mooiste plekke waar ek al was!

Blouwildebees

Blouwildebees wei in die gras

Hier is daar hordes trosvyebome, Jakkalbessiebome, reuse kremetartbome, n hele woud koorsbome en groen grasvelde en dit als lok natuurlik baie diere na die omgewing toe. Die rivier is vol krokodille en seekoeie. Bokke, buffels, olifante het baie plek om hier te wei. Van die grootste troppe buffels en olifante in die Krugerwildtuin kom in die omgewing voor. Vlakvarke en troppe bobbejane is oral hier te sien. Die omgewing is ook bekend vir die groot verskeidenheid voëlspesies wat hier voorkom.

Olifant naby Crook's Corner

Olifant naby Crook’s Corner

In die ou dae – voor behoorlike grensbeheer –  was hier ‘n baken wat die hoek van die drie lande aangewys het. As jy jou dalk in die moeilikheid met die gereg bevind kon jy by hierdie punt net na ‘n ander land toe oorstap en die gereg kon niks aan jou doen nie. In die vroeë 1900’s is die gemak om van een land na ‘n ander te kan stap, natuurlik deur wapensmokkelaars en wildstropers uitgebyt. Dit is hoe Crook’s Corner sy naam gekry het.

Reuse bome naby Crook's Corner

Reuse bome naby Crook’s Corner

Om daar te kom ry jy so paar kilometers verby die Pafuri-piekniekplek in ‘n Oostelike rigting in. Jy ry onderdeur die majestuese bome deur tot by die Limpoporivier. Terwyl ons in Desember in Tshipise vakansie gehou het, het ons die Krugerwildtuin twee keer besoek en albei kere is ons Crook’s Corner toe. Dit is waarlik ‘n plek om te besoek as jy jouself in die noordelike dele van die Krugerwildtuin bevind.

Hierdie video is van die laaste paar honderd meter tot by Crook’s Corner: