Lys van Kampe in die Sentraal-Kalahari Wildreservaat

Hier is ‘n lys van al die kampe in die Sentraal-Kalahari wildreservaat. As jy wil weet waar om te bespreek kyk gerus hier.

KampKodeOpGPSNa MNa XNotas
DeceptionCKBOG-01DWNPHierdie kamp word deur privaat operateurs gebruik.
CKMOB-01DWNPKaartHierdie kamp word deur privaat operateurs gebruik. Die kamp staan ook bekend as "New Kori 1"
Deception-valleiCKDEC-01DWNP
CKDEC-02DWNP
CKDEC-03DWNP
CKDEC-04DWNP
CKDEC-05DWNP
CKDEC-06DWNPDie foto van die luiperd in die stort wat ek geneem het was hier geneem.
Kori PanCKKOR-01DWNPKaart
CKKOR-02DWNPKaart
CKKOR-03DWNPKaartBaie plek vir tente en voertuie
CKKOR-04DWNPKaart
KukamaCKWIL-08BigfootLodge
LekhubuCKWIL-07Bigfoot
Luiperd-panCKSUN-01DWNPDie enigste kamp by Leopard Pan.
LetiahauCKWIL-06Bigfoot
Matswere-hekCKMAT-01,02,03,04DWNP0203Oostelike hek.
MotopiCKMOT-01Bigfoot
CKMOT-02Bigfoot
CKMOT-03Bigfoot
Passarge-valleiCKPAS-01BigfootKaartOok bekend as Manong Kamp
CKPAS-02BigfootKaartIs die beste kamp van die drie Passarge kampe.
CKPAS-03BigfootKaartOns het hier gebly.
Phokoje-panneCKTAU-03DWNPDie kamp is die enigste in die gebied.
Piper PanCKPIP-01Bigfoot
CKPIP-02Bigfoot
San PanCKTAU-02DWNP
Sunday PanCKSUN-02Bigfoot
CKSUN-03BigfootDie kamp het goeie uitsig en is naby die watergat. Die kamp is naby aan CKSUN-04. (150m)
CKSUN-04BigfootDie kamp het goeie uitsig en is naby die watergat. Die kamp is naby aan CKSUN-03 (150m)
Tsau-hekCKTSA-01,02,03,04,05DWNP
Xade-hekCKXAD-01,03,04,05DWNP2030Die kampe is by die hek en daar is ablusie beskikbaar. Daar is nie altyd water beskikbaar nie.
CKXAD-02 (CKWIL-05)DWNP21310Die kamp is sowat 10 km Oos van die hek. Hier is geen geriewe nie. Ook bekend as CKWIL-05
XakaCKWIL-04DWNP

Kampe in die Sentraal-Kalahari Wildreservaat

Ons was onlangs vir 5 nagte in die Sentraal-Kalahari-wildreservaat, ook bekend as CKGR (Engelse afkorting). Dit is een van die mees afgeleë plekke in Suidelike-Afrika. Dit is die naas grootste wildtuin in die wêreld, maar daar is nie veel meer as 30 kampe in die hele reservaat nie. ‘n Kampplek bestaan meestal uit n boom of twee, ‘n “long drop”, ‘n afskorting waar jy kan stort as jy jou eie water saam neem en ‘n stuk beton waarop jy kan vuur maak. Behalwe vir ‘n paar uitsonderings sal jy nooit eers jou buurman hoor of sien nie.

Longdrop en ‘n stort

Om nie die heeltyd mense en ander karre rondom jou te sien nie, maak die ondervinding nog beter. Jy het tog al die pad gery om die natuur te kom bewonder. Sonsondergange en opkoms, uitgestrekte horisonne, vlaktes en leë panne maak ‘n besoek aan hierdie deel van Botswana uniek. Die Kalahari is ‘n ander tipe mooi. Jy is reg in die middel van die natuur. Hier is die kampe nie omhein nie, jy moet heeltyd op die uitkyk wees vir besoekers.

Deception Pan 6

Om ‘n avontuur hier te ervaar moet jy vroegtydig kampplek bespreek. Ek sou aanraai om ten minste vier maande vooruit te bespreek. Die besprekings kan verwarrend wees, omdat nie alle kampe in die reservaat deur een sentrale plek bespreek kan word nie. Sekere van die kampe moet deur die Botswana se natuur en parkeraad bespreek word (Botswana department of Wildlife and National Parks) en die meerderheid van die kampe word deur Bigfoot Tours – ‘n privaat maatskappye – bestuur en jy moet direk by hulle bespreek.

Jy gooi self jou stort vol water.

Behalwe die koste vir die kampering moet jy ook ‘n daaglikse natuurbewaringsfooi betaal en ‘n toegangsfooi vir jou motor. Dit moet aan die DWNP betaal word. Die beste is om dit vooraf te betaal met jou kredietkaart, maar hierdie fooi kan ook by die hek in slegs kontant betaal word. Indien jy in kontant wil betaal,  neem Pulas of Dollars saam. Rand word nie by die hek aanvaar nie.

Luiperd in die stort

Jy kan ‘n volledige lys van kampplekke in die Sentraal-Kalahari wildreservaat hier kry

Bespreek sommer dadelik!