Hier tik ek en dit beteken ek is pa! Hier is die eerste foto van Karla. Die foto is ongelukkig deur die dokter geneem wat nie veel van die kamera af geweet het nie. Ek mag net gesit en kyk het. Ek sal so gou moontlik ‘n paar behoorlike foto’s neem.
Author Archives: admin
As ek weer iets tik is ek Pa
Ons het uiteindelik ‘n doktor hier gesien en ons weet nou wanneer die operasie gaan wees. Drie uur is dit tyd. Die operasie duur sowat ‘n uur. Ek sê solank dankie aan almal wat aan ons dink en vir ons bid. Ek moet nou my ‘scrubs’ gaan aantrek en foto’s neem. Sal van ons laat hoor as die operasie klaar is.
Karla is oppad – Vandag!
Na vanoggend se besoek aan die dokter het hy voorgestel Ester moet dadelik ‘n keiser kry. Ons het dit nie regtig verwag nie en nou is ons ‘n week vroeër hier as wat ons wou. Ek en Ester is albei senuweeagtig en ons het geen idee wat om te verwag nie. Ons weet eintlik nie eers hoe laat die operasie is nie. Ons is darem al ingeteken by die Hospitaal. Ek sal so gou moontlik nog foto’s oplaai. Hou my blog dop en onthou los ‘n boodskap!
‘n Aand op die Vaaldam
Saterdag het ek vir die eerste keer in die nag geseil. Dit was nou ‘n wonderlikke ervaring. Ek het saam met Doug op sy boot, Sea Quill geseil. Doug het die regte navigasie instrumente aan boord gehad en sonder die instrumente dink ek nie iemand sou die resies kon voltooi nie.
Die resies het by Anchor Creek begin en ons het Saterdagoggend reeds soentoe geseil. Nadat ons tevrede was dat almal weet wat om te doen en die boot gereed was vir die resies het ons op die boot gebraai en gekuier terwyl ons gewag het vir die wegspring.
Die 24 seemyl roete het ons van die een kant van die dam tot die ander geneem. Agtien bote het Saterdagmiddag half vyf by die DAC boei in redelike sterk wind begin. Vanaf die DAC boei is ons Suid na LDYC en toe weer Noord na North Bay en toe deur die samevloeiing en terug na PNYC. Dit het ons bietjie meer as 7 ure gevat om die roete te voltooi en ons het so twintig voor een Sondagoggend oor die eindstreep geseil. Daar was deurentyd wind gewees en het gimiddeld so 7 knope gedurende die aand gewaai.
Peter was aan die stuur gewees en vir die res van die bemanning was daar min tyd vir ‘n blaaskans. Ons moes heeltyd van koers verander. Behalwe om seile te verander het Lisa ook ander take gehad soos om vir almal lekker plofkoffie te maak en met biltong te voer.
Ons het vierdie oor die eindstreep geseil en het vyfde volgens voorgee geëindig. ‘n Paar bote het gedurende die nag tou op gegooi en die laaste boot terug by PNYC het eers half ses Sondagoggend oor die lyn gesyl. Na die resies het ons gou gaan inloer by die klubhuis en ek is toe dadelik bed toe. Sondagoggend het ons by die klub lekker ontbyt geëet en ons is terug huis toe. Dit was een van die lekkerste resiese waaraan ek nog deelgeneem het en kan nie wag vir volgende jaar se resies nie. Miskien doen ek dit in Top Notch.
Grand Slams 2009
Die Grand Slams is soos gewoonlik oor die langnaweek van 9 Augustus en hierdie jaar was geen uitsondering nie. Ek het vir twee weke lank die weervoorspelling deeglik dopgehou, want ek was bekommerd dit gaan baie koud wees. Volgens die weervoorspelling sou dit nogal warm wees met baie min wind. Ons was baie verras toe ons Saterdagoggend opdaag en dit was ‘n heerlike warm dag. Die weervoorspelling was reg en ek kon dit amper nie glo nie, want die week voor die regatta was dit serker een van die koudste weke nog hierdie jaar gewees. Hulle was ook reg met die windvoorspelling – amper geen wind nie.
John kon ongelukkig nie hierdie jaar saam met ons seil nie en ek het vir Peter Richardson gevra om deel te wees van die span. Peter het baie lanklaas saam geseil en dit was weer lekker om hom aanboord te hê. Peter het ook intusse baie kennis en ervaring opgetel by van die ander bote waarmee hy geseil het en het baie van die kennis aan ons oorgedra. Kevin en Lisa het was soos gewoonlik die res van die bemanning. Nadat ons Saterdagoggend die boot in die water gekry het en al die administratiewe take voltooi het, het ons dadelik die seile gespan en begin seil. Ons moes so ‘n bietjie oefen voordat die regatta begin aangesien ons posisies moes verander omdat John nie daar was nie. Ons kon nie veel oefen nie, want daar was nie wind nie.
Ons was betyds vir die rugby – Springbokke teen Australië – en het die wedstryd by die Brentwood lodge gekyk. Ons het na die Springbokke se oorwinnng lekker gekuier en gebraai. Ons het eintlik so lekker gekuier dat ons vergeet het van die braaivleis en moes weer ry om kole te gaan koop sodat ons die vleis kon gaar maak. Sondagoggend moes ons agtuur op die water wees en almal het gesukkel om uit die bed te kom. Peter was soos gewoonlik laat en ons moes nog twee ure lank vir hom wag. Gelukkig was daar nog geen wind nie en ons het nie ‘n resies gemis nie.
‘n Briesie het later in die dag opgesteek en ons het weer ‘n resies kon seil. Die keer het ons redelik goed begin. Die wind het toe met 180 grade gedraai en ons was ongelukkig op die verkeerde plek en eindig toe heel laaste. So vieruur die middag het daar weer ‘n resies begin en hierdie keer was ons tweede in ons klas na die onderste merk. Halfpad deur die resies het die wind heeltemal gaan lê en die resies is gekanselleer. Dit was die einde van die dag en ons is terug. Ek was eitlik baie bly gewees, want ek was baie moeg en wou sommer reguit bed toe gaan. Ons het eers by die Vlieëndepiering gaan eet en toe reguit bed toe.
Maandag oggend was almal betyds vir die dag se resies, behalwe die wind. So elfuur het dit gelyk of die wind gaan opsteek en die eerste resies is aangekondig. Hierdie keer het ons weer ‘n baie goeie wegspring gehad en ons was die eerste boot van die hele vloot by die onderste merk. Weer het die wind net skielik gaan lê en die resies is gekanselleer. Dit was toe ook die einde van die dag se seil en vir die eerste keer vandat ek seil was ‘n belangrikke regatta soos die Grand Slams gekanselleer.
Ons almal het darem baie geleer en almal het dit baie geniet en sien uit na die volgende groot regatta wat in September gaan wees. Ek hoop net daar is wind.











