Ons het Saterdag lekker gaan krieket kyk. Suid-Afrika het teen Australië in ‘n toets wedstryd gespeel. Alhoewel Saterdag uit ‘n Suid-Afrikaanse oogpunt nie die beste dag van die toets was nie, was dit nie te min baie lekker om deel te wees van ‘n volgepakte Wanderers stadion.

Suid-Afrika besig om te kolf
Kinga het kaartjies by haar werk gekry en sy en Johan het vir my en Ester genooi om saam te gaan. Ons het in Kinga se werk se losie gesit. Ons was die hele dag nie meer as ses mense in die losie nie, dus was daar genoeg plek om te sit, baie om te eet en baie om te drink.

Johan besig met sy selfoon
Die wedstryd het Donderdag begin en Australie het eerste gekolf en ‘n totaal van 466 lopies aangeteken. Suid-Afrika het Vrydag en Saterdag probeer om in te haal, maar is al reeds Saterdag almal uit vir net 220 lopies. Die hoogtepunt van die krieket was verseker to AB de Villiers sy honderdtal geslaan het. Al 20 000 mense op Wanders het vir 5 minute lank gejuig. AB het amper die helfte van Suid-Afrika se 220 lopies aangeteken. Australie het weer kom kolf en die spel het 4 uur opgehou, omdat dit skielik begin donker raak het en toe begin reën het.

Soos in die ou dae is almal weer op die veld tydens middagete
Suid-Afrika het toe Sondag en die Maandag nadat ons daar was redelik begin inhaal, maar kon nie genoeg regkry nie en op die einde het Australië die toets gewen.