Ons OZ Tent

Tien jaar. Dis hoe lank ons OzTent al saam met ons reis.

Hy het al stofpaaie, seewinde, bosstorms en meer kampplekke gesien as wat ek ooit sou kon raai toe ons hom gekoop het. Wat begin het as net nóg ’n stuk kamptoerusting, het oor die jare ’n konstante reisgenoot geword – amper al deel van die familie.

Vir langer kampe slaan ons die “kombuis” ook op.

Een van die redes hoekom ons ná al die jare steeds by die OzTent hou, is hoe ongelooflik maklik hy opslaan.

Daar is geen gesukkel met pale wat nie wil pas nie en geen instruksieboek wat weer afgestof moet word nie. Stop, uithaal, oopklap – en binne sekondes staan die tent reg om in te trek. Teen die tyd wat die buurman nog sy eerste tou probeer span, sit ons reeds rustig met ’n koffie in die hand.

Ons tent langs die see

Selfs wanneer ek alleen reis en hom net vir ’n eennagstop as ’n eenman-tent gebruik, slaan hy vinnig en sonder moeite op en af.

Een aand kamp, vat 30 sekondes om op te slaan.

Die OZ Tent het verskeie bykomstighede soos byvoorbeeld kante vir die afdakkie, ekstra afdakkies vir meer koelte, jy kan tot nog OZ Tente aanmekaar was heg.

Die tent, penne en pale is alles met baie goeie materiaal vervaardig. Die raam van die tent voel dalk nie baie sterk nie, maar as jy die penne en toue vas kap behoort hy ‘n donderstorm langs die Vaaldam te kan weerstaan. Al die parte is nou ook plaaslik vervangbaar as die ergste dalk gebeur.

In aksie in die Richtersveld

Ek het altyd spyt gevoel dat ek nooit ’n log van al die plekke waar ons met ons vorige tent gekamp het, gehou het nie. Om te dink aan al die stories wat daardie paaie, sonsondergange en naggeluide kon vertel het! Gelukkig het ons met die OzTent begin om elke kamp op te teken. Van stil see-strande tot wildernispaaie in Botswana. Hier is ’n kaart van al die plekke waar ons avonture met die OzTent beleef het:

loading map - please wait...

DAC - Deneysville: -26.887019, 28.107415
Klein Paradys - Brits: -25.507646, 27.736412
Klein Paradys - Nylstroom: -24.785743, 28.402308
Heroldsbaai Karavanpark: -34.052244, 22.389866
Mabalingwe Karavaanpark: -24.846896, 28.046304
Sondela - Warmbad: -24.894456, 28.393908
Tshipise - Musina: -22.608326, 30.169015
Montego - Xai-Xai Mosambiek: -25.105391, 33.767425
Morrungulo - Mosambiek: -23.232626, 35.492470
Khama Rhino Sanctuary - Botswana: -22.250197, 26.727355
Kubu-eiland - Botswana: -20.891021, 25.822045
CKGR Xade 2 - Botswana: -22.341979, 23.103696
CKGR Kori 3 - Botswana: -21.421980, 23.791763
CKGR Passarge 2 - CKGR: -21.268594, 23.477025
KTP Khiding 2 - Botswana: -25.008151, 21.900363
Tweede Tol - Wellington: -33.568477, 19.137304
Yzerfontein: -33.337735, 18.161484
Struisbaai Karavaanpark: -34.796171, 20.049689
Dwarsberg: -33.792844, 19.321861
Kliphuis: -32.136410, 19.003859
Bamboeskamp - Namakwa Nasionale Park: -30.676011, 17.471738
Kokerboomkloof - Richtersveld: -28.311937, 17.296600
Richtersberg - Richtersveld: -28.253359, 17.220726
De Hoop - Richtersveld: -28.184764, 17.178326
Khomeesdrif: -34.129249, 19.851243
Otjiwa Safari Lodge: -20.756483, 16.787839
Kunene River Lodge: -17.354750, 13.881204
Epupa Falls Lodge: -17.002200, 13.245252
Ongongo: -19.137627, 13.842559
Palmwag: -19.887263, 13.937488
Huabrivier: -20.528270, 14.050419
Sesriem: -24.491484, 15.803962
Sanddrif: -32.488282, 19.270030
Leentjiesklip: -33.066410, 18.041214
De Hollandsche Molen: -33.859663, 19.036506
Kagga Kamma: -32.755445, 19.574281
Jamaka: -32.338604, 19.019971
Kwas se baai: -30.696161, 17.486672
Skuinsklip: -30.664213, 17.466722
Kgalagadi - Twee Rivieren: -26.474083, 20.612382
Kgalagadi - Mata Mata: -25.765552, 19.999505
Kgalagadi - Nossob: -25.422206, 20.596281
Ebb-and-flow: -33.985778, 22.607975
Magotho Khwai: -19.110257, 23.861951
Xakanaxa (Moremi): -19.181935, 23.414569
Sitatunga (Maun): -20.074590, 23.355807
Koringkorrelbaai: -30.655837, 17.463487
Strandfontein: -31.752846, 18.227279
Oranjerus Oord: -28.637661, 21.116844

Hier is ons OZ Tent logboek:

DatumStaanplekNagteNota's
2026/03/30Strandfontein Karavaanpark2
2026/03/28Namakwa Nasionale Park2Koringkorrelbaai
2026/02/20Yzerfontein Karavaanpark2
2025/09/20Xakanaxa (Moremi)2Botswana
2025/09/17Magotho (Khwai)3Botswana
2025/09/16Sitatunga (Maun)1Botswana
2025/04/28Ebb-and-flow (Wildernis)3
2024/12/19Nossob (Kgalagadi)1
2024/12/18Mata Mata (Kgalagadi)1
2024/12/17Twee Rivieren (Kgalagadi)1
2024/12/16Oranjerus Oord1Keimoes
2024/07/05Namakwa Nasionale Park2Skuinsklip
2023/09/09Namakwa Nasionale Park1Kwas se baai
2023/04/27Jamaka4Sederberge
2022/11/25Sanddrif2Roete gery
2022/10/06Kagga Kamma3Kamp 3
2022/05/13De Hollandsche Molen2Franschhoek
2022/02/18Leentjiesklip2Langebaan
2022/01/28Sanddrif1Sederberge
2021/09/22Sesriem1Namibië
2021/09/19Huabrivier1Namibië
2021/09/18Palmwag1Namibië
2021/09/16Ongongo Community Camp2Namibië
2021/09/14Epupa Falls Lodge2Namibië
2021/09/13Kunene River Lodge1Namibië
2021/09/12Otjiwa Safari Lodge1Namibië
2021/04/29Dwarsberg3
2021/01/29Khomeesdrift2
2021/01/02De Hoop (Richtersveld)2
2020/12/29Richtersberg (Richtersveld)4Video van Richterberg
2020/02/21Struisbaai Karavaanpark2
2019/12/24De Hoop (Richtersveld)3
2019/12/21Richtersberg (Richtersveld)3
2019/12/20Kokerboomkloof (Richtersveld)1
2019/12/14Namakwa Nasionale Park3Bamboeskamp
2019/10/4Yzerfontein Karavaanpark2
2019/09/21Kliphuis3Cederberge, Clanwilliam
2019/06/07Dwarsberg2Rawsonville
2019/03/21Struisbaai Karavaanpark3
2019/02/22Yzerfontein Karavaanpark2
2019/01/25Tweede Tol2
2018/08/08Kubu-eiland3Botswana
2018/06/02DAC (Deneysville)1
2018/03/28Heroldsbaai Karavaanpark7Paasnaweek
2018/02/02DAC (Deneysville)2RTIR
2018/01/05Mabalingwe Karavaanpark2
2017/12/27DAC (Deneysville)2Tentpale is beskadig
2017/11/13DAC (Deneysville)1
2017/06/16Sondela (Warmbad)2
2017/05/06DAC (Deneysville)1
2017/03/15KTP - Khiding 22Botswana
2017/03/13CKGR - Xade 21Botswana
2017/03/11CKGR - Passarge Valley 22Botswana
2017/03/09CKGR - Kori 32Botswana
2017/03/08Khama Rhino Sanctuary1Botswana
2017/02/25DAC (Deneysville)1
2017/02/05DAC (Deneysville)1RTIR
2017/01/21DAC (Deneysville)1
2016/12/16Tshipise10
2016/10/14Sondela (Warmbad)2
2016/09/03Klein Paradys (Brits)1
2016/04/27Morrungulo (Masinga, Mosambiek)3Mosambiek
2016/04/26Montego (Xai-Xai, Mosambiek)1Mosambiek
2016/04/01Klein Paradys (Nylstroom)2Klein Paradys Nylstroom
2016/03/25DAC (Deneysville)1Eerste aand in ons tent
2016/03/18Welkom by jou nuwe huis0Nuut gekoop
Totaal134

Los 'n Boodskap