Ons OZ Tent

Ek was altyd so spyt dat ek nooit ‘n log gehou het van waar ons oral met ons 3X3 dome tent gekamp het nie. Dit sou ‘n wonderlike storie vertel het, veral as jy dit op ‘n kaart kon vertoon.

Ons OzTent word gebruik.

Ons OzTent word gebruik.

Wel, vandag het ek ‘n nuwe OZ Tent RV 5 gekoop en besluit ek gaan elke aand wat ek in hom kamp opteken.

Ons het die OZ Tent hoofsaaklik gekies omdat dit so maklik is om die tent op en af te slaan. Voorheen het ons maar vir mekaar gegrom terwyl ons die swaar dome tent opslaan. Dit is nou uiteindelik iets van die verlede.

Een aand kamp, vat 30 sekondes om op te slaan.

Die OZ Tent het ook verskeie bykomstighede soos byvoorbeeld kante vir die afdakkie, ekstra afdakkies vir meer koelte, jy kan tot nog OZ Tente aanmekaar was heg.

Die tent, penne en pale is alles met baie goeie materiaal vervaardig. Die raam van die tent voel dalk nie baie sterk nie, maar as jy die penne en toue vas kap behoort hy ‘n donderstorm langs die Vaaldam te kan weerstaan. Al die parte is vervangbaar by 4X4 Megaworld as die ergste dalk gebeur.

In aksie in Botswana

Die OZ Tent is ideaal as jy lank wil kamp, maar ook wanneer jy dalk net een aand op ‘n plek slaap.

Ons het al hier oral met ons OzTent gekamp:

loading map - please wait...

DAC - Deneysville: -26.887019, 28.107415
Klein Paradys - Brits: -25.507646, 27.736412
Klein Paradys - Nylstroom: -24.785743, 28.402308
Heroldsbaai Karavanpark: -34.052244, 22.389866
Mabalingwe Karavaanpark: -24.846896, 28.046304
Sondela - Warmbad: -24.894456, 28.393908
Tshipise - Musina: -22.608326, 30.169015
Montego - Xai-Xai Mosambiek: -25.105391, 33.767425
Morrungulo - Mosambiek: -23.232626, 35.492470
Khama Rhino Sanctuary - Botswana: -22.250197, 26.727355
Kubu-eiland - Botswana: -20.891021, 25.822045
CKGR Xade 2 - Botswana: -22.341979, 23.103696
CKGR Kori 3 - Botswana: -21.421980, 23.791763
CKGR Passarge 2 - CKGR: -21.268594, 23.477025
KTP Khiding 2 - Botswana: -25.008151, 21.900363
Tweede Tol - Wellington: -33.568477, 19.137304
Yzerfontein: -33.337735, 18.161484
Struisbaai Karavaanpark: -34.796171, 20.049689
Dwarsberg: -33.792844, 19.321861

Hier is ons OZ Tent logboek:

DatumStaanplekNagteNota's
61
2019/06/07Dwarsberg2Rawsonville
2019/03/21Struisbaai Karavaanpark3
2019/02/22Yzerfontein Karavaanpark2
2019/01/25Tweede Tol2
2018/08/08Kubu-eiland3Botswana
2018/06/02DAC (Deneysville)1
2018/03/28Heroldsbaai Karavaanpark7Paasnaweek
2018/02/02DAC (Deneysville)2RTIR
2018/01/05Mabalingwe Karavaanpark2
2017/12/27DAC (Deneysville)2Tentpale is beskadig
2017/11/13DAC (Deneysville)1
2017/06/16Sondela (Warmbad)2
2017/05/06DAC (Deneysville)1
2017/03/15KTP - Khiding 22Botswana
2017/03/13CKGR - Xade 21Botswana
2017/03/11CKGR - Passarge Valley 22Botswana
2017/03/09CKGR - Kori 32Botswana
2017/03/08Khama Rhino Sanctuary1Botswana
2017/02/25DAC (Deneysville)1
2017/02/05DAC (Deneysville)1RTIR
2017/01/21DAC (Deneysville)1
2016/12/16Tshipise10
2016/10/14Sondela (Warmbad)2
2016/09/03Klein Paradys (Brits)1
2016/04/27Morrungulo (Masinga, Mosambiek)3Mosambiek
2016/04/26Montego (Xai-Xai, Mosambiek)1Mosambiek
2016/04/01Klein Paradys (Nylstroom)2Klein Paradys Nylstroom
2016/03/25DAC (Deneysville)1Eerste aand in ons tent
2016/03/18Welkom by jou nuwe huis0Nuut gekoop

Los 'n Boodskap